Amore Vittone Krap Dinge In Diepe Waters Deurmekaar

61 Days(s) Ago    👁 84
amore vittone krap dinge in diepe waters deurmekaar

Die akteur en sangeres Amor Vittone stel Woensdagaand die karakter Leticia aan kykers van die kykNET-telenovelle Diepe Waters voor.

Letitia is n eensame, kwesbare vrou met n leemte in haar lewe nadat haar dogters universiteit toe is. Hoewel sy nie n lelike kant aan haar het nie, kom krap sy Sanet (Nadia Valvekens) en Ben (Eric Bouwer) se lewens lelik deurmekaar.

Leticia het twee mans verloor en Johannesburg toe getrek waar sy by die kerk aansluit en vir Sanet ontmoet. Leticia is broos en soek nie aandag nie, maar wanneer sy dit kry, is sy oorweldigend, vertel Vittone. Sy wys haar emosies en huil wanneer sy wil. Leticia is ook sag en vriendelik, maar kan soms t vriendelik wees.

Sy weet sy is mooi, al is sy in haar vyftigs en het sy n paar plooitjies s Vittone. Sy weet ook sy het mooi borste en wys dit graag, maar sy doen dit smaakvol. Wanneer sy flankeer is dit nie oorweldigend nie. Al wat Leticia wil h is liefde.

Ek moes dieper delf vir Leticia

Vittone, wat voorheen die karakter van Zelda in 7de Laan vertolk het, s sy het Leticia se karakter geniet omdat sy so anders as Zelda is. Leticia is kwesbaar en ek het dit geniet om dieper te delf om by die karakter uit te kom.